Sukkel jy met die moere, boute en skroewe in die lewe?

Al ooit met jou hande in die hare gestaan omdat jy nie geweet het watter een van die baie jy eintlik veronderstel is om te gebruik om die kas se deur vas te sit nie? Of het jou rak met al die mooi vase al afgeval om dat die regte een nie gebruik is nie? As dit die geval is, lees aan, want Willie van Sunridge Build It gee ons advies.

Daar word gesê dat dit baie maklik dinge aan mekaar vas te sit as jy die regte gereedskap het vir die regte werk… As ons nog in die 1950’s geleef het, sou dit maklik wees om die regte gereedskap uit te ken, want al wat daar was is hout of metaal skroewe en spykers en daarmee het jy reggekom. As jy vandag na jou hardeware winkel toe gaan sal jy sien dit is nie meer so eenvoudig nie. Daar sal rye en rye skroewe, moere, boute, spykers en skroewedraaiers voor jou hang in verskillende groottes en jy sal nie ‘n idee he van waar om te begin nie. So ons gaan kyk na verskillende produkte wat op die mark is, hoe jy hulle gebruik en vir wat.

  • Chipboard skroef – Hierdie skroef is spesiaal behandel met titaan sodat dit sal nie roes nie. Dit is ideaal om buite te gebruik, soos die huining aan mekaar skroef of om ‘n plant boks bou. Die skroef kan gebruik word om hout aan hout te skroef of metaal (wat reeds ‘n gaatjie het) aan hout te skroef. Vir hout op hout, moet jy ‘n loodsgaaitjie boor in die boonste plank en dit dan vasskroef teen die tweede plank. Hulle kom in ‘n verskeidenheid van lengtes en groottes voor, so jy sal een kry vir elke taak.
  • Dryboard skroef – Hierdie skroef is basies dieselfde as die chipboard skroef. dit lyk soortgelyk en kan vir dieselfde tipe werk gebruik word op dieselfde manier. Die enigste verskil is dat dit ‘n swart skroefie is wat nie behandel is teen roes nie, so dit is nie regtig geskik vir buite gebruik nie.
  • Self-tap skroef – Hierdie skroef is ideaal om te gebruik as jy twee metale aan mekaar wil vasskroef. Die skroef sny sy eie skroefdraad, so jy hoef nie ‘n groot loodsgat te boor nie. Inteendeel, jy kan ‘n klein gaatjie (dunner as die skroef) boor en dan die skroef vasdraai. Dit sal aan die begin ‘n bietjie styf wees, maar as hy eers gevat het sal dit sommer maklik gaan. Die skroef werk baie goed as jy hout op metaal of metaal op metaal moet vassit.
  • Hout skroef – is ‘n skroef wat vir algemene take gebruik kan word, soos skaniere in deure vasskroef en dan word daar gewoonlik boo-oor geverf. Oor die algemeen word die skroef nie meer so veel gebruik nie, omdat daar soveel alternatiewe is wat net so goed werk en makliker bruikbaar is.

Waneer jy swaar goed reg wil vassit, gaan jy iets sterker as jou gewone skroewe nodig he. Hier kyk ons na die volgende tipes wat dik growwe drade het en ook in verskillende groottes voorkom:

  • Coach skroef – Vir hierdie skroef boor jy ‘n gat wat 2mm groter is as die skroef is, sit ‘n “plug” in gat in die muur en draai die skroef in. Dit werk goed vir hout teen ‘n muur vas sit, bv. ‘n rak vir al jou swaar glasgoed.
  • Sleeve anchor – Vir hierdie skroef boor jy ‘n gat wat dieselfde grootte as die skroef is, steek die skroef in die gat en draai vas.  Die skroef sit dan uit en trek alles saam. Dit werk baie goed vir brandkluise ens.
  • Expansion bolt – Dit is ‘n baie, baie sterk bout en sal vir enige iets werk. Boor ‘n gat 6mm groter as as die bout, want soos die naam sê, sit dit uit en trek alles saam.

Laastens, vir die algemene werkies by die huis waar jy vinnig in die gereedskapkas wil krap vir iets om te gebruik, maak seker jy het altyd “nail in anchor” byderhand. In die geval van hout op ‘n muur vas sit, boor jy ‘n gaatjie deur die hout in die muur in, druk die “nail in anchor” in, slaan dit vas en siedaar! Dit is sterk genoeg vir rakke, fotorame en selfs gordyn reelings opsit. Net die ding om te gebruik in noodsituasies.

Onthou weereens dat die regte gereedskap die werk baie makliker maak, so maak seker dat jou skroewedraaier die regte een vir die projek is.  Die algemene skroewedraaiers wat ons sal gebruik is sterpunt en platpunt skroewedraaiers. Maak seker dat jou skroewedraaier die regte grootte is vir die skroef. Te klein en dit sal die skroef se kop beskadig wat sal beteken dat jy dit nie ingeskroef kry nie, of as dit klaar ingeskroef is, sal jy dit nie weer uitkry nie.

‘n Wenk is om vir jou boor skroewedraaier punte te koop en dit dan as ‘n elektriese skroewedraaier te gebruik. Baie makliker.

Enige verdere raad nodig?

Gaan kuier vir Willie en sy span by Sunridge Build It!

Advertisements